John 12:49 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek het nie uit myself gepraat nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My 'n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar die Vader wat My gestuur het, het aan My ’n opdrag gegee oor wat Ek moet sê en wat Ek sal verkondig.
Afrikaans 1933/1953 Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My 'n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.
Afrikaans 1983 Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat Ek moet sê en wat Ek moet praat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het immers nie uit my eie gepraat nie, maar die Vader wat My gestuur het, het self vir My 'n opdrag gegee oor wat Ek moet sê en wat Ek moet verkondig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dinge wat Ek gesê het, kom nie van My nie. Die Vader wat My na die wêreld gestuur het, het vir My gesê presies wat Ek moet sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit is so omdat Ek nie sommer wat Ek gesê het uit my duim gesuig het nie. My Vader het My presies vertel wat om te sê en wat nie. Toe het Hy My gestuur.