John 12:48 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel op die laaste dag.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie My verwerp en nie my woorde aanvaar nie, het reeds homself geoordeel; die boodskap wat Ek uitdra, sal hom op die laaste dag veroordeel.
Afrikaans 1933/1953 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
Afrikaans 1983 Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het iets wat hom veroordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom op die laaste dag veroordeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) die woorde wat Ek gesê het, sal hulle oordeel op die laaste dag. Hulle glo nie in My nie en hulle luister nie na wat Ek sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand sy rug vir My draai en my boodskap ignoreer, sal hy wel sy moses teëkom. Hy het mos gehoor wat Ek gesê het! By die finale oordeel sal niemand dit vir hom hoef te herhaal nie. Hy sal my woorde dan onthou, dat wie My nie aanvaar nie, hel toe gaan. Dan sal hy weet wat God oor hom besluit het.