John 12:47 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As iemand dan ook nog na my woorde luister en dit nie gehoorsaam nie, veroordeel Ek hom nie sommer nie, want Ek het nie gekom om die mensdom te veroordeel nie, maar om die mensdom te verlos. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. |
| Afrikaans 1983 | En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En as iemand my woorde hoor en dit nie bewaar nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te verlos. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het nie gekom om die mense van die wêreld te oordeel nie. Ek het gekom om hulle te red. Daarom, wanneer mense hoor wat Ek sê, maar hulle doen nie wat Ek sê nie, sal Ék hulle nie oordeel nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Om die waarheid te sê, as iemand hom nie steur aan wat Ek sê nie, gaan Ek nie my energie mors om te sorg dat hy in die hel beland nie. Ek het beter dinge om te doen. Ek wil eerder my energie gebruik om mense hemel toe te vat, nie hel toe nie. |