John 12:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard; dat hulle nie met hul oë sou sien en nie met hul hart sou verstaan nie, en hulle sou bekeer, en Ek hulle sou genees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hy het hulle oë met blindheid getref en hulle harte hardvogtig gemaak, sodat hulle nie kon sien met hulle oë of kon verstaan met hulle harte om hulle te bekeer en dat Ek hulle gesond maak nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. |
| Afrikaans 1983 | “God het hulle oë blind gemaak en hulle verstand laat afstomp sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer en Ek hulle gesond maak nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Hy het hulle oë verblind en hulle harte verhard sodat hulle nie met hulle oë kon sien en met hulle harte kon verstaan en kon terugdraai, en Ek hulle genees nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gesê: God het die mense se oë blind gemaak, Hy het hulle harte hard gemaak. Daarom kon hulle oë nie sien nie, en hulle harte kon nie verstaan nie, en hulle het nie begin lewe soos God wil hê nie. Daarom sal Ek hulle nie gesond maak nie, sê God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “God het hulle soos blinde mense gemaak. Hulle het niks meer vir God omgegee nie. Ja-nee, hulle kon God nie meer raaksien nie en het nie vir Hom omgegee nie. Die kans dat hulle na God toe sal kom om sy kinders te word is nul.” |