John 12:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die skare antwoord Hom: Ons het uit die wet gehoor dat Christus vir ewig bly; en hoe sê jy: Die Seun van die mens moet verhoog word? wie is hierdie Seun van die mens? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die skare het reageer: “Ons het volgens die wet gehoor dat die Messias vir altyd gaan bly. Hoe sê u dan nou dat die Seun van die Mens verhoog moet word? Buitendien, wie is hierdie Seun van die Mens?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die skare antwoord Hom: Ons het uit die wet gehoor dat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens? |
| Afrikaans 1983 | Die mense sê toe vir Hom: “Ons het uit die Skrif geleer dat die Christus vir ewig gaan bly. Hoe sê u nou dat die Seun van die mens verhoog moet word? En hierdie Seun van die mens, wie is hy?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die skare het Hom toe geantwoord: “Ons het uit die wet gehoor dat die Christus vir ewig bly, en hoe sê u dat die •Seun van die Mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die Mens?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense het vir Jesus gesê: “Ons het in die Ou Testament gelees dat die Christus vir altyd op die aarde sal bly, maar jy sê die Seun van die mens sal hoog bo die grond wees. Wie is die Seun van die mens? Van wie praat jy?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nou is ons deurmekaar!” sê die mense toe. “Sover ons weet, sê die Skrif dat as die Redder eers eenmaal hier is, Hy altyd hier sal bly. Nou sê jy dat die Seun aan ’n kruis gaan hang. Waarvan praat jy? Wie is hierdie ‘Seun’?” |