John 12:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou is die oordeel van hierdie wêreld: nou sal die owerste van hierdie wêreld verdryf word.
Afrikaans (NLV) 2011 Nou vind die oordeel oor hierdie wêreld plaas; nou sal die leier van hierdie wêreld na buite toe uitgedryf word.
Afrikaans 1933/1953 Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
Afrikaans 1983 Nou kom die oordeel oor hierdie wêreld; nou sal die owerste van hierdie wêreld uitgegooi word buitentoe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nou het die oordeel oor hierdie wêreld aangebreek; nou sal die heerser van hierdie wêreld uitgedryf word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou sal God die mense van die wêreld oordeel. Nou sal Hy die Satan, die leier van die mense van hierdie wêreld, oorwin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die tyd het gekom dat die mense gaan hoor wie reg en wie verkeerd is. Party mense dink mos die duiwel swaai die septer in die wêreld. Wel, Ek het vir julle nuus. Sy mag is gebreek. Hy het nie meer ’n sê in hierdie wêreld nie. By My gaan julle ware mag sien.