John 12:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Maria 'n pond nardussalf, baie duur, geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete met haar hare afgedroog, en die huis is gevul met die reuk van die salf.
Afrikaans (NLV) 2011 Maria het toe ’n halfliter baie duur aromatiese olie geneem en dit op Jesus se voete uitgegooi en sy voete met haar hare afgedroog. Die huis was gevul met die reuk van die olie.
Afrikaans 1933/1953 En Maria het 'n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.
Afrikaans 1983 Toe het Maria 'n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Maria 'n litra egte, uiters kosbare nardusolie geneem, die voete van Jesus gesalf en met haar hare sy voete afgedroog. En die huis is deurtrek met die geur van die olie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maria het 'n halwe liter lekkerruik-olie gebring. Die olie was baie duur, want dit was regte nardus-olie. Maria het die olie op Jesus se voete gegooi en sy het toe Jesus se voete afgedroog met haar hare. Die hele huis het lekker geruik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maria bring toe ’n houer met duur olie wat van nardus gemaak is daar aan. Dit het soet en baie lekker geruik en is as ’n soort parfuum gebruik. Sy gooi toe sommer heelwat van die lekker olie oor Jesus se voete uit. Daarna vee sy die oortollige olie met haar hare van sy voete af. Die hele huis het lekker geruik van die heerlike olie.