John 12:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die mense wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat dit gedonder het; ander het gesê: 'n Engel het met hom gespreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die skare wat daar rondgestaan en dit gehoor het, het beweer dat daar ’n groot donderslag was. Ander het gesê: “’n Engel het met hom gepraat.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 'n donderslag gewees het. Ander het gesê: 'n Engel het met Hom gespreek. |
| Afrikaans 1983 | Die mense wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 'n donderslag was. Ander het gesê: “'n Engel het met hom gepraat.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 'n donderslag was. Ander het gesê: “'n Engel het met hom gepraat.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat daar was, het dit gehoor. Party het gesê: “Ons hoor donderweer,” en ander mense het gesê: “'n Engel het met Jesus gepraat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Skielik praat Iemand uit die hemel: “Ek het al baie vir mense gewys hoe groot en belangrik Ek is. Maar Ek gaan dit weer ’n keer doen.” “Hoor die donderweer!” het party gesê. “Nee, man, dit was ’n engel wat met hom gepraat het,” kom dit weer van ander. |