John 12:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar het hulle vir hom 'n maaltyd gemaak; en Marta het bedien, maar Lasarus was een van die wat saam met hom aan tafel gesit het.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar het hulle vir Jesus ’n aandete voorberei. Marta het dit voorgesit en Lasarus was een van dié wat saam met Hom vir die ete aangelê het.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het toe vir Hom daar 'n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.
Afrikaans 1983 Daar het hulle vir Jesus 'n ete gegee. Marta het bedien, en Lasarus was een van dié wat saam met Hom aan tafel was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar het hulle vir Hom toe 'n maaltyd voorberei, en Martha het hulle bedien. Lasarus was een van dié wat saam met Hom aan tafel was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het vir Jesus 'n ete gemaak. Marta het die kos bedien en Lasarus was een van die mense wat saam met Jesus geëet het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense daar het ’n spesiale ete vir Jesus gereël. Marta het hulle bedien en gesorg dat hulle genoeg het om te eet. Lasarus het saamgeëet.