John 12:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Fariseërs het toe onder mekaar gesê: Bemerk julle dat julle niks oorwin nie? kyk, die wêreld gaan agter hom aan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Fariseërs het toe vir mekaar gesê: “Kyk mooi, julle vorder niks nie, die hele mensdom loop agter hom aan!”
Afrikaans 1933/1953 En die Fariseërs het vir mekaar gesê: Sien julle dat julle niks vorder nie? Kyk, die hele wêreld loop agter Hom aan.
Afrikaans 1983 Die Fariseërs het toe vir mekaar gesê: “Sien julle, julle rig niks uit nie! Kyk, die hele wêreld gaan agter hom aan!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het die •Fariseërs vir mekaar gesê: “Sien julle dat julle niks bereik nie! Kyk, die hele wêreld loop agter hom aan! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Fariseërs het vir mekaar gesê: “Kan julle sien, ons kry niks reg nie. Al die mense gaan saam met Jesus!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir die Fariseërs was dit egter slegte nuus. Met die hande in die hare het hulle vir mekaar gesê: “Kyk net wat gaan nou hier aan. Dinge ruk handuit. Al wat leef en beef hardloop agter hom aan!”