John 12:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die volk dan wat by hom was toe Hy Lasarus uit sy graf geroep en hom uit die dood opgewek het, het getuig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die skare wat om Jesus saamgedrom het toe Hy vir Lasarus uit die grotgraf geroep en hom uit die dood opgewek het, het aangehou om daaroor te getuig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die skare wat by Hom was toe Hy Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dode opgewek het, het daarvan getuig. |
| Afrikaans 1983 | Die mense wat by Jesus was toe Hy vir Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dood opgewek het, het gedurig daaroor gepraat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die skare wat by Hom was toe Hy Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dood opgewek het, het daarvan getuig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat by Jesus was toe Hy vir Lasarus uit die graf geroep het en hom weer laat lewe het, het oral vertel wat Jesus gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wat gesien het hoe Jesus Lasarus lewendig maak, was ook deel van die groot klomp mense rondom Jesus. |