John 12:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hierdie dinge het sy dissipels eers nie verstaan nie; maar toe Jesus verheerlik is, het hulle daaraan gedink dat hierdie dinge van Hom geskrywe is en dat hulle dit aan Hom gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus se dissipels het hierdie dinge aanvanklik nie verstaan nie, maar toe Hy eers verheerlik was, het hulle onthou dat die dinge wat daar oor Hom geskryf is, juis dié dinge is wat met Hom gebeur het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit het sy dissipels egter eers nie verstaan nie; maar nadat Jesus verheerlik is, toe het dit hulle bygeval dat hierdie dinge van Hom geskrywe was en dat hulle dit aan Hom gedoen het. |
| Afrikaans 1983 | Jesus se dissipels het hierdie dinge eers nie verstaan nie, maar nadat Hy verheerlik is, het hulle daaraan gedink dat wat daar geskrywe staan, op Hom betrekking gehad het en dat dit met Hom gebeur het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie dinge het sy dissipels eers nie verstaan nie, maar toe Jesus verheerlik is, het hulle onthou dat hierdie dinge oor Hom geskryf staan, en dat hulle dit vir Hom gedoen het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus se dissipels het nie dadelik verstaan wat gebeur het nie. Hulle het later verstaan toe God gewys het Jesus is ook God. Hulle het toe teruggedink aan die dag toe Jesus op 'n jong donkie in Jerusalem ingery het en hulle het verstaan dat die mense gedoen het soos daar in die Ou Testament oor Jesus geskryf is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus se volgelinge het natuurlik nie in daardie stadium besef dat hierdie gejuig en die woorde uit die Skrif ’n baie dieper betekenis gehad het nie. Dit sou hulle eers later insien. Eers toe Jesus sy krag gewys het deur uit die dood op te staan, het hulle weer mooi oor alles gedink. Toe het hulle dit begryp. |