John 12:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het palmtakke geneem en uitgegaan hom tegemoet en uitgeroep: Hosanna! Geseënd is die Koning van Israel wat kom in die Naam van die Here!
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die blaartakke van die palmbome geneem en Jesus tegemoetgegaan en dit uitgeskree: “Prys God! Geseënd is Hy wat in die Naam van die Here kom!” en: “Die Koning van Israel!”
Afrikaans 1933/1953 palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.
Afrikaans 1983 Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” en: “Die Koning van Israel!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) palmtakke gevat en Hom tegemoetgegaan en aanhoudend uitgeroep, “Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!” en: “Die Koning van Israel!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het takke van palmbome geneem en hulle het na Jesus toe gegaan. Hulle het hard geskree: Prys God! Prys die Man wat kom. Die Here het Hom gestuur, Hy is die Koning van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met palmtakke in die hand het hulle die hele pad geskreeu: “Ons prys U, U is baie spesiaal! U kom omdat die Here dit wil hê, U is die koning van Israel.”