John 12:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom Jesus ses dae voor die pasga in Betanië, waar Lasarus was wat dood was, wat Hy uit die dood opgewek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ses dae voor die Paasfees sou begin, het Jesus na Betanië toe gekom waar Lasarus, wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesus het ses dae voor die pasga na Bet nië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het. |
| Afrikaans 1983 | Ses dae voor die paasfees het Jesus na Betanië toe gekom, waar Lasarus wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ses dae voor die Pasga het Jesus na Betanië gegaan. Dit was die tuiste van Lasarus, wat Jesus uit die dood opgewek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ses dae voor die Paasfees het Jesus na Betanië gegaan. Betanië was die plek waar Lasarus gewoon het. Jesus het voorheen vir Lasarus weer laat lewe nadat Lasarus gesterf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ses dae voor die paasfees kom Jesus weer in Betanië aan, waar Lasarus-hulle gebly het. |