John 11:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jesus antwoord: Is daar nie twaalf ure in die dag nie? As iemand bedags wandel, struikel hy nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het geantwoord: “Is daar nie twaalf werksure gedurende ’n dag nie? As iemand in die daglig rondloop, struikel hy nie omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.
Afrikaans 1933/1953 Jesus antwoord: Is daar nie twaalf ure in die dag nie? As iemand in die dag wandel, stamp hy hom nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.
Afrikaans 1983 Jesus het geantwoord: “Is daar nie twaalf uur in 'n dag nie? As iemand in die dag loop, struikel hy nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En Jesus het geantwoord: “Is daar nie twaalf ure in die dag nie? As iemand in die dag loop, struikel hy nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het gesê: “'n Dag het twaalf ure. Wanneer 'n mens in die dag loop, dan val hy nie, want hy sien die lig van die son, die lig van hierdie wêreld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus maak hulle toe stil. “Daar is twaalf ure lig per dag. En dit moet ’n mens gebruik. Terwyl dit lig is, kan jy sien wat jy doen. Jy sal nie oor goed loop en val of rondstrompel nie. Maar in die nag is dit heeltemal anders.