John 11:57 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die owerpriesters sowel as die Fariseërs het 'n bevel gegee dat, as iemand weet waar hy is, hy dit moes te kenne gee, dat hulle hom kon neem.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priesterhoofde en die Fariseërs het intussen reeds opdragte uitgevaardig dat as iemand weet waar Jesus Hom bevind, hy die inligting moes deurgee sodat hulle Hom kon arresteer.
Afrikaans 1933/1953 En die owerpriesters en die Fariseërs het ook 'n bevel gegee dat as iemand wis waar Hy was, hy dit moes bekend maak, sodat hulle Hom gevange kon neem.
Afrikaans 1983 Die priesterhoofde en die Fariseërs het toe al klaar opdrag gegee dat as iemand weet waar Hy is, hy dit moet aangee sodat hulle Hom gevange kan neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die leierpriesters en die Fariseërs het reeds opdrag gegee dat as enigiemand weet waar Jesus is, hy dit moes rapporteer, sodat hulle Hom kon arresteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesterleiers en die Fariseërs het vir al die mense gesê: “As julle weet waar Jesus is, dan moet julle vir ons sê. Ons wil hom vang.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus was ook druk onder bespreking by die Fariseërs en die leiers van die priesters. Hulle het die mense gevra om op die uitkyk te wees vir Hom. As iemand Hom gewaar, moes hy hulle dadelik laat weet. Hulle sou dan die polisie stuur om Hom te gaan vang.