John 11:56 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het toe na Jesus gesoek en onder mekaar gesê terwyl hulle in die tempel staan: Wat dink julle dat Hy nie na die fees sal kom nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe vir Jesus daar rond gesoek en waar hulle in die tempel gestaan het, vir mekaar gesê: “Wat dink julle, Hy sal tog sekerlik nie Fees toe kom nie?”
Afrikaans 1933/1953 En hulle het Jesus gesoek; en terwyl hulle in die tempel staan, sê hulle vir mekaar: Wat dink julle, sal Hy nie na die fees kom nie?
Afrikaans 1983 Hulle het daar na Jesus gesoek en waar hulle in die tempel gestaan het, vir mekaar gesê: “Hoe dink julle? Hy sal seker nie fees toe kom nie, of hoe?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle was op die uitkyk vir Jesus; en waar hulle op die tempelterrein gestaan het, het hulle vir mekaar gesê: “Wat dink julle? Dat Hy glad nie na die fees sal kom nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die mense begin om vir Jesus te soek. Hulle het vir mekaar in die tempel gevra: “Wat dink julle? Sal Jesus na die Paasfees kom, of nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl die mense in die tempel rondgestaan het, het hulle by mekaar probeer uitvis: “Wat dink julle? Gaan hy sy gesig hier by die fees wys?”