John 11:55 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die pasga van die Jode was naby, en baie het voor die pasga uit die land opgetrek na Jerusalem om hulleself te reinig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Paasfees van die Jode was naby. Baie mense het van die platteland af na Jerusalem toe gegaan met die doel om hulleself voor die begin van die fees ritueel te gaan was.
Afrikaans 1933/1953 En die pasga van die Jode was naby; en baie het uit die landstreek na Jerusalem opgegaan voor die pasga om hulle te reinig.
Afrikaans 1983 Die paasfees van die Jode was naby. Baie mense het voor die paasfees van die platteland af na Jerusalem toe gegaan om hulle te reinig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Joodse Pasga was naby, en baie mense het voor die Pasga van die platteland na Jerusalem opgegaan om hulleself te reinig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was tyd vir die Joodse Paasfees. Baie mense het na Jerusalem gegaan. Hulle het gegaan voor die Paasfees begin het, want hulle wou hulleself eers reinig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was ook weer tyd vir die paasfees. Die mense het van oral uit die platteland na Jerusalem gestroom. Hulle wou betyds daar kom om alles vir die feesvierings reg te kry. Jesus was die groot onderwerp van bespreking.