John 11:54 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jesus het dan nie meer openlik onder die Jode gewandel nie; maar daarvandaan na 'n land naby die woestyn gegaan, na 'n stad met die naam van Efraim, en daar gebly met sy dissipels. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gevolglik het Jesus nie meer openlik tussen die Jode rondbeweeg nie, maar van daar af vertrek na die gebied wat na aan die woestyn geleë was en Efraim genoem is. Daar het Hy saam met sy dissipels oorgebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het Jesus nie meer in die openbaar onder die Jode gewandel nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die woestyn, na 'n stad met die naam van Efraim. En daar het Hy vertoef met sy dissipels. |
| Afrikaans 1983 | Daarom het Jesus nie meer in die openbaar onder die Jode rondgegaan nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die woestyn, na 'n dorp met die naam Efraim. Daar het Hy met sy dissipels 'n rukkie gebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom het Jesus nie meer openlik onder die Jode rondgegaan nie, maar daarvandaan vertrek na die streek naby die woestyn, na 'n dorp met die naam Efraim. En daar het Hy saam met sy dissipels vertoef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die provinsie Judea het die Jode almal geweet waar Jesus is. Daarom het Hy nie daar gebly nie, Hy het weggegaan na die stad Efraim. Efraim was in 'n deel van die land naby die woestyn. Hy het daar gaan bly saam met sy dissipels. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het toe besluit om maar vir eers weg te bly van daardie Jode af. Daarom het Hy koers gekies die droë platteland in. Hy is saam met sy dissipels na die plek met die naam Efraim toe, ’n dorpie aan die rand van die woestyn. |