John 11:49 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En een van hulle, met die naam van Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was, het vir hulle gesê: Julle weet hoegenaamd niks nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Een van hulle, Kajafas, wat hoofpriester was gedurende daardie jaar, het opgemerk: “Julle is baie kortsigtig.
Afrikaans 1933/1953 En een van hulle, K jafas, wat daardie jaar hoëpriester was, sê vir hulle: Julle weet niks nie
Afrikaans 1983 Een van hulle, 'n sekere Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was, het egter vir hulle gesê: “Julle verstaan niks,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En een van hulle, Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was, het vir hulle gesê: “Julle verstaan niks nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kajafas was een van die mense wat by die vergadering was. Hy was daardie jaar die hoëpriester. Hy het vir hulle gesê: “Julle weet niks,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kajafas kry toe kans om iets te sê. Hy was nie net ’n lid van die Joodse Raad nie, maar ook daardie jaar die voorsitter daarvan. Hy begin toe so: “Van dié soort dinge weet julle net mooi niks. Maar luister, ek het ’n plan. Dink net hoe goed dit vir ons en die volk kan wees om van hierdie man ontslae te raak. Maak hom dood en dan sal die Romeine tevrede wees.