John 11:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ons hom so laat staan, sal almal in hom glo; en die Romeine sal kom en ons plek sowel as ons nasie wegneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ons hom maar net so laat begaan, sal almal in hom glo en dan sal die Romeine kom en die tempel en ons nasie tot niet maak.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As ons Hom so laat begaan, sal almal in Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie albei afneem. |
| Afrikaans 1983 | As ons hom so laat aangaan, sal al die mense in hom glo, en dan kom verwoes die Romeine hierdie heilige plek en maak ons nasie tot niet.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As ons hom so laat aangaan, sal almal in hom glo, en sal die Romeine kom en ons plek en ons volk vernietig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As ons niks aan Jesus doen nie, dan sal al die mense in hom glo. Dan sal die Romeine ons tempel afbreek en ons volk verwoes.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ons hom toelaat om so aan te gaan, stroom al die mense netnou agter hom aan. En daarvan gaan die Romeine niks hou nie. Hulle sal weer dink dit is die een of ander opstand. Dan gaan hulle kom en alles met die grond gelykmaak - ons en al die ander mense inkluis.” |