John 11:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die owerpriesters en die Fariseërs 'n raad vergader en gesê: Wat doen ons? want hierdie man doen baie wonders.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priesterhoofde en die Fariseërs het toe die Sanhedrin bymekaargeroep en gesê: “Wat gaan ons doen? Hierdie man hou aan om baie wondertekens te doen.
Afrikaans 1933/1953 En die owerpriesters en die Fariseërs het die Raad byeengeroep en gesê: Wat sal ons doen? -- want hierdie man doen baie tekens.
Afrikaans 1983 Die priesterhoofde en die Fariseërs het toe die Joodse Raad bymekaargeroep en gesê: “Wat gaan ons doen? Hierdie man doen baie wondertekens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gevolglik het die leierpriesters en die Fariseërs die Sanhedrin byeengeroep en gesê: “Wat gaan ons maak? Want hierdie man doen baie tekens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesterleiers en die Fariseërs het vergadering gehou. Hulle het gesê: “Jesus doen so baie wondertekens, ons weet nie wat ons moet doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leiers vra toe dat die Joodse Raad bymekaar moes kom. Die Raad was eintlik die godsdienstige parlement van die Jode. “Wat gaan ons nou doen?” vra hulle raadop. “Kyk net wat vang hierdie man alles aan. Kyk al die wonders!