John 11:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het geweet dat U na my altyd luister, maar ter wille van die mense wat daarby staan, het ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U my gestuur het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek weet dat U altyd na My luister, tog het Ek dit gesê ter wille van die skare wat hier rondom ons staan, dat hulle kan glo dat U My gestuur het.”
Afrikaans 1933/1953 en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, maar ter wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.
Afrikaans 1983 Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek sê dit ter wille van die mense wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek het dit gesê ter wille van die skare wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sê dit sodat die mense wat hier rondom My staan, kan glo dat U My na die wêreld gestuur het. Ek weet U luister altyd na my gebed.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hier staan baie mense rond. Ter wille van hulle praat Ek so. Wanneer hulle My hoor bid en sien wat gebeur, sal hulle begin besef dat Ek van U af kom.”