John 11:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sommige van hulle het gesê: Kon hierdie man wat die oë van die blindes oopgemaak het, nie veroorsaak het dat selfs hierdie man nie gesterf het nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Sommige van die omstanders het gesê: “Was hierdie man wat die oë van die blinde oopgemaak het, dan nie ook in staat om te keer dat Lasarus sterf nie?”
Afrikaans 1933/1953 En sommige van hulle sê: Kon Hy wat die oë van die blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterf het nie?
Afrikaans 1983 Party van hulle het ook gesê: “Kon hy wat die oë van die blinde man genees het, nie ook gemaak het dat hierdie man nie sterwe nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar sommige van hulle het gesê: “Kon Hy wat die oë van die blinde man oopgemaak het, tog nie voorkom het dat hierdie man sterf nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party Jode het gesê: “Jesus het die blinde man laat sien. Hoekom het hy vir Lasarus laat sterf?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ons wonder darem. Julle weet, Hy het mos ’n blinde laat sien. Kon Hy nie dalk iets gedoen het sodat Lasarus nie doodgegaan het nie?”