John 11:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Maria toe kom waar Jesus was, en Hom sien, val sy voor sy voete neer en sê vir Hom: Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Maria aankom waar Jesus nog was, en sy Hom sien, het sy by sy voete neergeval en vir Hom gesê: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Maria kom waar Jesus was en Hom sien, val sy aan sy voete neer en sê vir Hom: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe Maria daar aankom waar Jesus was en Hom sien, het sy by sy voete gekniel en vir Hom gesê: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Maria aankom waar Jesus was en Hom sien, het sy by sy voete neergeval en vir Hom gesê: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maria het by die plek gekom waar Jesus gestaan het en sy het voor Hom gekniel. Sy het vir Hom gesê: “Here, as U hier was toe my broer siek was, dan het my broer nie gesterf nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Maria Jesus kry, gryp sy net sy voete vas. “Here,” stamel sy, “as U betyds hier was, sou my broer vandag nog geleef het.” |