John 11:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (Dit was daardie Maria wat die Here met salf gesalf en sy voete met haar hare afgedroog het, wie se broer Lasarus siek was.) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was Maria wat die Here met aromatiese olie gesalf het en toe sy voete met haar hare afgedroog het. Dit is haar broer Lasarus wat siek was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit was Maria wat die Here gesalf het met salf en sy voete afgedroog het met haar hare, wie se broer, Lasarus, siek was. |
| Afrikaans 1983 | Maria was die vrou wat met reukolie die Here gesalf en sy voete met haar hare afgedroog het. Dit was haar broer Lasarus wat siek was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was die Maria wat die Here met geurige olie gesalf en wat sy voete met haar hare afgedroog het, wie se broer Lasarus siek was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was Maria wat lekkerruik-olie op die Here se voete uitgegooi het en toe sy voete met haar hare afgedroog het. Haar broer Lasarus was siek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maria wat die duur olie oor Jesus uitgegooi en toe Jesus se voete met haar hare afgedroog het. Jesus het baie van hulle almal gehou. |