John 10:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek is die deur: as iemand deur My ingaan, sal hy gered word; en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. Hy sal ingaan en uitgaan en groen weiding kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. |
| Afrikaans 1983 | Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is die hek vir die skape. God sal die mense red wat in My glo. Hulle sal soos skape wees wat ingaan en uitgaan by 'n hek en wat gras kry om te eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is vir julle soos ’n hek vir die skape. Ek is die hek deur wie julle na die weivelde van vrede en vriendskap met God kan stap. Deur My kry julle alles wat julle geestelik nodig het. Enigiemand wat sê dat julle op ’n ander manier by God kan uitkom, gaan julle net op ’n pynlike pad sit; die pad hel toe! |