John 10:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel, maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy vir hulle gesê het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie beeld het Jesus vir hulle vertel. Hulle kon egter nie insien wat Hy vir hulle wou sê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie. |
| Afrikaans 1983 | Deur hierdie beeld het Jesus met hulle gepraat, maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy vir hulle wou sê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel, maar hulle het nie begryp wat Hy vir hulle sê nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus wou vir die Fariseërs iets verduidelik toe Hy oor die herder gepraat het. Maar hulle het nie verstaan wat Hy vir hulle wou sê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoewel Jesus hierdie eenvoudige voorbeeld gebruik het, het die Joodse leiers nog steeds nie gesnap wat Hy bedoel nie. |