John 10:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, sodat julle kan weet en glo dat die Vader in My is en Ek in Hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as Ek dit doen en julle sou nie in Mý glo nie, glo dan die werke sodat julle kan begryp en weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom. |
| Afrikaans 1983 | Maar as Ek dit wel doen en julle tog nie in My glo nie, moet julle ten minste aan die werke glo, sodat julle kan insien en weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as Ek dit doen en julle My tog nie glo nie, glo dan my dade, sodat julle kan besef en steeds weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as Ek die dinge doen wat die Vader vir My gesê het, dan moet julle glo wat Ek doen, ook as julle nie in My wil glo nie. Dan sal julle regtig weet die Vader is by My en Ek is by die Vader.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As julle dink dat wat Ek sê nie waar is nie, kyk dan na wat Ek doen. Julle sal agterkom dat Ek presies doen wat God in so ’n situasie sou doen. Ons tree soos ’n onverbeterlike span saam op.” |