John 10:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê julle van Hom wat die Vader geheilig en na die wêreld gestuur het: U laster; omdat ek gesê het: Ek is die Seun van God?
Afrikaans (NLV) 2011 hoe sê julle dan dat Hy wat deur die Vader afgesonder en na die wêreld toe gestuur is, laster omdat Hy gesê het: ‘Ek is die Seun van God’?
Afrikaans 1933/1953 sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik -- omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God?
Afrikaans 1983 Hoe sê julle dan vir My wat deur die Vader afgesonder en na die wêreld toe gestuur is: ‘Jy praat godslasterlik’, omdat Ek gesê het: ‘Ek is die Seun van God’?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) hoe sê julle dan van Hom wat die Vader geheilig en na die wêreld gestuur het, ‘Jy laster,’ omdat Ek gesê het, ‘Ek is die •Seun van God’?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het My gekies om 'n spesiale werk te doen. Hy het My na die wêreld gestuur. Hoekom sê julle Ek praat verkeerd teen God wanneer Ek sê Ek is die Seun van God?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou goed, as dit so is, waarom gaan julle so te kere asof Ek God so beledig? Immers, die Vader self het My spesiaal toegerus en My na die mense in die wêreld toe gestuur. Hier het Ek net kom sê: ‘Ek is God se Seun,’ en julle sê sommer Ek beledig God.