John 10:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) as hy hulle gode genoem het, tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif kan nie gebreek word nie;
Afrikaans (NLV) 2011 As daardie mense wat God se boodskap ontvang het, gode genoem word — en die Skrif kan nie verbreek word nie —
Afrikaans 1933/1953 As dit hulle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie,
Afrikaans 1983 God noem hulle tot wie sy woord gekom het, dus ‘gode’, en wat daar geskrywe staan, kan nie verander word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As Hy hulle tot wie die woord van God gekom het, gode genoem het – en die Skrif kan nie verbreek word nie –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dit beteken: Die Ou Testament sê mense met wie God praat, is gode. Ons mag dit nie verander nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “God self noem die mense ‘gode’ wat na sy boodskap geluister het. En die Bybel jok mos nie.