John 10:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Jode antwoord hom en sê: Oor 'n goeie werk stenig ons jou nie; maar vir godslastering; en omdat U, wat 'n mens is, Uself God maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Jode het Hom geantwoord: “Dis nie oor die een of ander besondere daad dat ons jou wil stenig nie, maar oor laster. Jy wat ’n mens is, doen jouself voor as God.”
Afrikaans 1933/1953 Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor 'n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat 'n mens is, Uself God maak.
Afrikaans 1983 “Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor godslastering, omdat jy, wat 'n gewone mens is, jou as God voordoen.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Jode het Hom geantwoord: “Dit is nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie, maar oor godslastering, en omdat jy, wat net 'n mens is, jouself God maak. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Jode het vir Jesus gesê: “Ons wil jou nie met klippe doodgooi omdat jy 'n goeie ding gedoen het nie. Ons wil jou doodgooi omdat jy verkeerde dinge sê teen God. Jy is 'n mens, maar jy maak of jy God is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Jode het nie op hulle laat wag nie. “Moenie woorde in ons mond lê nie! Dit gaan nie daaroor dat jy mense gehelp het nie. Wat ons briesend maak, is dat jy God beledig. Jy, wat ’n gewone mens is, stel jouself sommer as God aan. Waar het jy dít nou al gehoor?”