John 10:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle het nie geglo nie: die werke wat Ek in die Naam van my Vader doen, dit getuig van My. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het hulle geantwoord: “Ek het dit vir julle gesê, maar julle glo My nie. My optrede is in die Naam van my Vader; hierdie dinge bevestig wie Ek is. Maar julle glo nie |
| Afrikaans 1933/1953 | Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, die getuig van My. |
| Afrikaans 1983 | Jesus antwoord hulle toe: “Ek het dit vir julle gesê, en tog glo julle nie. Die dade wat Ek in die Naam van my Vader doen, bewys wie Ek is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het hulle geantwoord: “Ek het dit vir julle gesê, maar julle glo nie. Die dade wat Ek in die Naam van my Vader doen, dit getuig van My. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hulle gesê: “Ek het dit klaar vir julle gesê, maar julle glo My nie. Ek doen die dinge wat my Vader gesê het Ek moet doen. Daardie dinge wys wie Ek is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus sê toe: “Maar dit is wat Ek nog die hele tyd vir julle sê. Dit is julle wat nie wil glo wat julle hoor nie. En dis nie al nie. Kyk wat doen Ek alles. Dit moet seker ook iets vir julle sê. Julle moet tog daaruit kan agterkom dat God deur My werk. |