John 10:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom die Jode om hom en sê vir hom: Hoe lank laat jy ons twyfel? As U die Christus is, vertel ons dit duidelik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Joodse leiers het toe ’n kring om Jesus gevorm en vir Hom gesê: “Hoe lank gaan jy ons nog aan ’n lyntjie hou? As jy die Messias is, sê dit vir ons padlangs.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit. |
| Afrikaans 1983 | Die Jode het daar om Hom saamgedrom en vir Hom gesê: “Hoe lank gaan u ons nog in onsekerheid hou? As u die Christus is, sê dit reguit vir ons.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Jode het toe om Hom saamgedrom en vir Hom gesê: “Hoe lank gaan u ons nog in onsekerheid hou? As u die Christus is, sê dit openlik vir ons. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party Jode het rondom Jesus kom staan. Hulle het vir Hom gesê: “Hoe lank moet ons nog wag en onseker wees? As jy die Christus is, dan moet jy dit vir ons reguit sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Jode het om Hom saamgedrom. “Moet ons asseblief nie langer so aan die raai hou nie. Toe, sê vir ons, is jy die Een vir wie God gestuur het om ons te red? Praat reguit met ons!” |