John 10:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ander het gesê: Dit is nie die woorde van hom wat 'n duiwel het nie. Kan 'n duiwel die oë van die blindes oopmaak?
Afrikaans (NLV) 2011 Ander het gesê: “Hierdie woorde is nie dié van iemand wat in die mag van ’n bose gees is nie. ’n Bose gees kan tog nie blindes se oë oopmaak nie?”
Afrikaans 1933/1953 Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van 'n besetene nie; 'n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie.
Afrikaans 1983 Ander het gesê: “Dit is nie die woorde van 'n besetene nie. 'n Duiwel kan tog nie blindes se oë genees nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ander het gesê: “Hierdie woorde is nie van iemand wat van 'n demoon besete is nie. 'n Demoon kan tog nie blindes se oë oopmaak nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ander Jode het gesê: “Nee, wanneer 'n duiwel iemand laat praat, dan sal hy nie praat soos Jesus praat nie. 'n Duiwel kan ook nie blinde mense laat sien nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nee, julle maak ’n groot fout,” kom dit weer van ’n ander. “Iemand wat die spoor byster geraak het, kan nie só praat nie. En buitendien, het julle al van ’n versteurde man gehoor wat iemand wat sy hele lewe blind was, kon laat sien? Toe, wat sê julle nou?”