John 10:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het my Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.
Afrikaans (NLV) 2011 “Om hierdie rede het die Vader My lief omdat Ek my lewe gee om dit weer op te neem.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.
Afrikaans 1983 “Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Om hierdie rede het die Vader My lief – omdat Ek my lewe aflê, sodat Ek dit weer kan opneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Vader is lief vir My, want Ek sal sterf sodat my skape kan lewe. Ek sal sterf sodat Ek weer kan lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My Vader het My lief, en met goeie rede ook. Ek is uit vrye wil bereid om doodgemaak te word. Die doel daarmee is om te wys dat Ek self weer uit die dood kan opstaan.