Joel 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verkondig dit onder die heidene; Berei oorlog voor, wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom; laat hulle opkom:
Afrikaans (NLV) 2011 Sê aan die nasies: “Sonder julle af vir oorlog! Roep julle dapperste soldate op! Laat die krygsmanne uittrek vir die aanval!
Afrikaans 1933/1953 Roep dit uit onder die nasies, heilig 'n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!
Afrikaans 1983 Sê vir die nasies: “Maak julle klaar vir 'n oorlog, roep julle dapper manne op! Al julle soldate moet opruk en nader storm.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Roep dit uit onder die nasies, berei voor vir 'n heilige oorlog, ontbied die krygshelde; laat al die krygsmanne nader kom, laat hulle optrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet vir die volke skree en sê: “Julle moet gereedmaak en julle moet gaan oorlog maak. Roep die soldate, al die soldate moet kom en hulle moet gaan oorlog maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gee die volgende boodskap vir al die volke wat nie in My glo nie: Maak julle reg vir oorlog! Roep al julle dapper manne. Kry julle soldate gereed om aan te val!