Joel 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal julle seuns en julle dogters in die hand van die kinders van Juda verkoop, en hulle sal dit aan die Sabeërs verkoop, aan 'n volk wat ver is, want die HERE het dit gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal julle seuns en julle dogters aan die mense van Juda verkoop, wat hulle weer aan die mense van die veraf land Arabië sal verkoop. Ek, die Here, sê dit!”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en die sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan 'n verafgeleë volk want die HERE het dit gespreek.
Afrikaans 1983 Ek sal julle seuns en dogters verkoop aan die mense van Juda, en hulle sal julle kinders verkoop aan die mense van Skeba, 'n nasie wat ver van hier af is. Die Here het dit gesê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gaan julle seuns en julle dogters verkoop aan die kinders van Juda, en hulle sal hulle weer verkoop aan die Sabeërs, aan 'n nasie ver hiervandaan.” Voorwaar, die Here het dit self gesê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal julle seuns en dogters verkoop aan die mense van Juda, en hulle sal julle seuns en dogters verkoop aan die mense van Skeba, die volk wat ver van hier woon.” Die Here het dit gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal julle seuns en dogters aan die mense van Juda verkoop. Hulle sal julle kinders weer aan die mense van Skeba verkoop, wat ver van hier af bly. Dit beloof Ek, die Here!