Joel 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waar julle hulle verkoop het, en Ek sal julle vergoeding op julle eie hoof laat neerkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar Ek sal hulle terugbring uit al hierdie plekke waarheen julle hulle verkoop het. Dan sal Ek julle terugbetaal vir alles wat julle gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom. |
| Afrikaans 1983 | maar Ek sal hulle laat uitbreek uit daardie plek uit, die plek waarnatoe julle hulle verkoop het, en dan sal Ek julle dade op julle eie kop laat afkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, nou gaan Ek hulle ontbied uit die plek waarheen julle hulle verkoop het. Ek sal julle dade op julle koppe laat neerkom: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nou sal Ek my mense laat terugkom van die plekke waarnatoe hulle gegaan het toe julle hulle verkoop het. Ek sal julle straf oor alles wat julle met my volk gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Ek sal hulle laat terugkom van al daardie plekke af waarheen julle hulle as slawe verkoop het. En dan gaan Ek presies dieselfde met julle doen as wat julle met hulle gedoen het. |