Joel 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, en wat het julle met my te doen, o Tirus en Sidon, en al die gebiede van Palestina? sal julle my 'n vergelding gee? en as julle my vergelde, gou en spoedig sal ek julle vergelding op julle eie hoof laat neerkom;
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat het julle teen My, Tirus, Sidon en streke van die Filistyne? Probeer julle wraak neem op My? As dit die geval is, wees versigtig! Ek sal julle baie skielik tref en julle terugbetaal vir alles wat julle gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En ook, wat het julle met My te doen, o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filist,a? Wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.
Afrikaans 1983 En júlle, Tirus en Sidon en die hele gebied van die Filistyne, wat is julle vir My? Wil julle julle op My wreek vir wat julle aangedoen is? As julle julle op My wil wreek, sal Ek gou optree en julle dade op julle eie kop laat afkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Verder, wat het julle met My te doen, Tirus en Sidon en al die gebiede van Filistea? Wil julle julle op My wreek? As julle My iets wil aandoen, sal Ek gou, blitsvinnig, julle dade op julle koppe laat neerkom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En julle, mense van Tirus en Sidon en die hele Filistyne-land, wat wil julle met My doen? Wil julle My straf omdat ander volke slegte dinge aan julle gedoen het? As julle My wil straf, dan sal Ek nie wag om julle te straf nie. Ek sal julle straf oor alles wat julle verkeerd gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En julle, Tirus en Sidon, en al die woonplekke van die Filistyne, wat probeer julle aan My doen? Dink julle miskien dat julle My kan terugkry oor iets wat Ek gedoen het? Wel, dan wag daar ’n groot verrassing op julle! Pas op, want voor julle julle oë kan uitvee, gaan Ek julle onderstebo loop. Ek sal al julle slegte planne teen julle gebruik!