Joel 3:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek sal hulle bloed reinig wat Ek nie gereinig het nie, want die HERE woon in Sion.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oortredings van my volk wat Ek nog nie vergewe het nie, sal Ek vergewe. Ek, die Here, sal Jerusalem my blyplek maak.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie; en die HERE sal op Sion bly woon.
Afrikaans 1983 Ek sal my volk se sonde vergewe, die sonde wat Ek nog nie vergewe het nie, en Ek, die Here, sal op Sion woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek sal hulle bloed wreek wat Ek voorheen nie gewreek het nie.” Ja, die Here woon in Sion!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die mense straf wat Ek nog nie gestraf het nie. Ek sal hulle straf, want hulle het mense vermoor, en Ek, die Here, sal in Jerusalem woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal al my mense se sondes vergewe. Selfs daardie sondes wat Ek nou nog teen hulle hou, sal Ek afskryf en nie weer daaraan dink nie. In daardie tyd sal Ek, die Here, op Sion bly en my krag van daar af bekendmaak.