Joel 3:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal ook al die nasies versamel en hulle afbring in die dal van Jósafat en daar met hulle 'n stryd voer vir my volk en vir my erfdeel Israel, wat hulle onder die nasies verstrooi het en my land verdeel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal al die nasies van die wêreld in die Josafatvallei bymekaarmaak. Daar sal Ek hulle oordeel omdat hulle my volk kwaad aangedoen het. Hulle het Israel wat aan My behoort onder die nasies verstrooi en my land verdeel. |
| Afrikaans 1933/1953 | sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Josafat laat aftrek, om daar met hulle 'n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het. |
| Afrikaans 1983 | *** |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sal Ek al die nasies versamel en hulle afbring na die vallei van Josafat! Ek sal daar met hulle in 'n regstryd tree oor my volk en my erfdeel, oor Israel, wat deur hulle onder die nasies verstrooi is. Hulle het my land verdeel |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal al die volke bymekaarmaak en Ek sal hulle vat na die Josafat-vallei. Daar sal Ek die volke straf oor wat hulle gedoen het aan my volk, die Israeliete wat aan My behoort. Die volke het my volk weggevat na ander lande en hulle het my land vir hulleself gevat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |