Joel 3:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Egipte sal 'n woesteny wees, en Edom sal 'n woeste woestyn wees, weens die geweld teen die kinders van Juda, omdat hulle onskuldige bloed in hulle land vergiet het.
Afrikaans (NLV) 2011 Egipte en Edom het die mense van Juda aangeval en onskuldige mense doodgemaak. As gevolg hiervan sal Egipte ’n verlate ruïne word en Edom ’n onbewoonbare woestyn.
Afrikaans 1933/1953 Egipte sal 'n woesteny word, en Edom 'n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.
Afrikaans 1983 Egipte sal van droogte vergaan, Edom sal 'n onbewoonbare woestyn word, want hulle het die mense van Juda wreed behandel en onskuldige bloed vergiet in hulle land.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Egipte sal 'n verlate plek word en Edom 'n verlate woestyn vanweë die geweld teen die kinders van Juda, omdat hulle onskuldige bloed in Juda vergiet het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand sal in Egipte kan woon nie. Edom sal 'n woestyn word, niks sal daar kan lewe nie, want die mense van Egipte en Edom het wrede dinge gedoen aan die mense van Juda, hulle het die mense van Juda vermoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Egipte sal dan ’n droë wildernis word en Edom ’n verlate woestyn, want hulle het Juda se inwoners aangeval en onskuldige mense doodgemaak.