Joel 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing.
Afrikaans (NLV) 2011 Derduisende mense wag in die laagte in afwagting vir die uitspraak. Dit is hier waar die Dag van die Here binnekort sal aanbreek.
Afrikaans 1933/1953 Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing!
Afrikaans 1983 Daar is mense en nogmaals mense in die beslissingslaagte, want naby is die dag waarop die Here sal straf in die beslissingslaagte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Skares, daar is skares mense in die dal van beslissing! Ja, die dag van die Here is naby in die dal van beslissing!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar sal baie mense wees, baie mense, op daardie plek waar die Here die mense sal oordeel. Die dag van die Here is naby, die dag wanneer Hy die mense sal oordeel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hordes mense wag nou daar op die plek waar die Here se vyande bymekaar is. Binnekort sal die groot dag van die Here aanbreek wanneer Hy eens en vir altyd met hulle sal afreken.