Joel 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sit julle in die sekel, want die oes is ryp; kom, klim af; want die pers is vol, die vette loop oor; want hulle boosheid is groot.
Afrikaans (NLV) 2011 Steek die sekel in, want die oes is ryp. Kom trap, want die wynpers is vol. Die wynvate loop oor van al die onreg van hierdie mense.”
Afrikaans 1933/1953 Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.
Afrikaans 1983 Hulle sondes is baie: steek die sekel in, want die oes is ryp, kom trap, die parskuip is vol, die wynkuipe loop oor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Steek die sekel in, want die oes is ryp! Klim in, trap, want die parskuip is vol en die giskuipe loop oor, want hulle boosheid is groot!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is nou die tyd om hulle te straf. Die volke is soos koring wat ryp is. Bring die sekel en sny hulle af! Trap die druiwe, want die parskuip is vol, dit loop oor. Daar is baie slegte mense vir wie Ek sal straf!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sondes is so verskriklik. Hulle moet afgesny word soos ryp koring met ’n sekel afgesny word. Hulle moet fyngetrap word soos ’n mens druiwe in ’n parskuip trap totdat die wyn oor al die kante stroom.