Joel 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Versamel julle en kom, alle nasies, en versamel julle rondom; laat daarheen u magtiges afdaal, HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al julle nasies van die omringende omgewings, kom gou! Kom bymekaar in die Josafatlaagte.” Here, bring u soldate af daarheen! |
| Afrikaans 1933/1953 | Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek! |
| Afrikaans 1983 | Maak gou en kom, al julle nasies van die omgewing.” Laat hulle bymekaarkom, en bring u leërmag af daarheen, Here! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maak gou en kom, maak al die omringende nasies bymekaar. Here, laat u krygshelde terugkeer! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volke wat daar naby woon, moet gou maak en bymekaarkom, en die Here moet sy soldate bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet gou maak. Maak al die volke uit die omgewing bymekaar en bring hulle af na die vallei toe. En nou, Here, stuur u magtige leër om al daardie mense aan te val! |