Joel 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want kyk, in daardie dae en in dié tyd, wanneer Ek die ballingskap van Juda en Jerusalem sal terugbring, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Wanneer dié tyd aanbreek, sal Ek Juda en Jerusalem weer voorspoedig maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want kyk, in die dae en in die tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander, |
| Afrikaans 1983 | [1-2] In daardie tyd sal Ek al die nasies bymekaarmaak; dit is die tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem sal verander. Dan sal Ek die nasies in die Josafatlaagte afbring en daar sal Ek hulle straf omdat hulle my volk, Israel wat aan My behoort, onder die nasies verstrooi het en my land vir hulle gevat het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ja, wanneer Ek in daardie dae, in daardie tyd, die lot van Juda en Jerusalem verander, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “In daardie tyd sal Ek dit weer goed laat gaan in Juda en in Jerusalem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [1-2] In daardie tyd sal Ek baie goed wees vir al my mense in Juda en Jerusalem, sê die Here. Maar Ek sal al die ongelowige volke in die vallei van Josafat bymekaarmaak. Daar sal Ek hulle terugkry omdat hulle my volk, Israel, uit hulle eie land verdryf het en my land vir hulleself gevat het. |