Joel 2:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarna sal Ek my Gees op alle vlees uitgiet; en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense sal drome droom, julle jongmanne sal gesigte sien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarna sal Ek my Gees op alle mense uitstort. Julle seuns en julle dogters sal profeteer. Julle oumense sal drome droom. Julle jongmense sal visioene sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer dit alles gebeur het, sal Ek my Gees laat kom op al die mense, julle seuns en julle dogters sal as profete optree, julle oumense sal drome droom, julle jong mans sal visioene sien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ná hierdie dinge sal Ek my Gees uitstort op alle mense. Dan sal julle seuns en julle dogters profeteer. Julle ou mense sal drome droom, en julle jong mense sal visioene sien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Wanneer dit alles gebeur het, dan sal Ek my Gees gee vir al die mense. Julle seuns en julle dogters sal profete wees. Die ou mense en die jong mense sal droom en sien wat later sal gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat al hierdie dinge gebeur het, sal Ek my Gees oor almal laat reën. Julle seuns en julle dogters sal my boodskap bekendmaak, presies net soos die profete dit gedoen het. Julle oumense sal drome droom wat van My af kom, en julle jongmense sal bonatuurlike visioene sien waarin Ek met hulle praat. |