Joel 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie weet of hy sal terugkeer en berou sal hê en 'n seën agter hom laat; 'n spysoffer en 'n drankoffer aan die HERE jou God?
Afrikaans (NLV) 2011 Wie weet, miskien besluit Hy anders en is Hy julle genadig. Dalk gee Hy vir julle voorspoed in plaas van hierdie verskriklike oordeel. Miskien maak Hy dit vir julle moontlik dat julle weer soos voorheen graan en wyn vir die Here julle God kan offer!
Afrikaans 1933/1953 wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy 'n seën sal agterlaat -- 'n spysoffer en 'n drankoffer aan die HERE julle God.
Afrikaans 1983 Wie weet of Hy nie die straf sal herroep nie; of Hy nie weer voorspoed sal gee nie sodat daar weer graan- en drankoffers sal wees vir die Here julle God!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie weet, dalk draai Hy om, het berou, en laat 'n seëning agter Hom oorbly – 'n •graanoffer en 'n •drankoffer vir die Here julle God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Miskien sal Hy julle sonde vergewe en julle weer seën. Dan sal daar weer koring-offers en drank-offers wees vir julle God die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie weet of die Here nie dalk van plan sal verander en sal ophou om vir julle kwaad te wees nie! Dalk gee Hy weer vir julle groot oeste. Dan kan julle weer vir die Here julle God offers van koring en wyn bring om Hom te eer.