Job 9:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy is nie 'n man soos ek, dat ek hom sou antwoord, en ons sou saamkom in die oordeel nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “God is nie ’n mens soos ek nie. Ek kan nie met Hom redeneer of Hom voor ’n hof bring nie.
Afrikaans 1933/1953 Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.
Afrikaans 1983 Hy is nie 'n mens soos ek dat ek op sy vrae sou kon antwoord nie, dat ons in 'n hofsaak teen mekaar betrokke sou kon raak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ja, Hy is nie 'n mens, soos ek, dat ek my teenoor Hom kan verweer, en ons saam na die gereg kan gaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, Hy is nie 'n mens soos ek nie, ek kan Hom nie antwoord nie, ek kan nie vir Hom sê dat ons hof toe moet gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Job het gesê: “Die Here is nie ’n mens soos wat ek is nie. Ek kan nie met Hom baklei en terugpraat nie. Ons kan ook nie hof toe gaan om te sien wie van ons twee reg is nie.